A-League Men

Die A-League Men (voorheen bekend as die A-League) is die hoogste professionele sokkerliga in Australië en Nieu-Seeland. Dit is in 2004 geskep as 'n opvolger van die National Soccer League (NSL).

Die liga word deur die Australian Professional Leagues (APL) geadministreer. Die APL administreer ook die A-League Women (die vroueliga), die A-League Youth (die jeugliga) en die E-League (die hoogste e-sportsliga in Australië en Nieu-Seeland).[1]

Die hoof sokkerbekerkompetisie in Australië is die Australia Cup. Suksesvolle klubs in die A-League Men en die Australia Cup kwalifiseer vir die AFC Champions League en die AFC Cup.

Soortgelyk aan die Major League Soccer (MLS) in die Verenigde State en die Canadian Premier League in Kanada, oefen die A-League Men nie tans relegasie nie.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ref1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search